inligting
Hoe om organiese afval met erdwurms te verwerk
Afval verwerking met erdwurms is 'n maklike manier om van organiese afval ontslae te raak . Enige boer wat 'n melkery , varke of hoenders het weet hoe 'n groot probleem die mis raak as die weer teen jou draai. Besoedeling van grondwater is ook `n probleem en daarom ontwerp ons waterlose toilette met erdwurms wat maklik is om te bou en permanent gebruik kan word sonder gevaar van besoedeling. Saagsels kan ook verwerk word maar diere afval moet bygevoeg word om die stikstof daarin te verhoog. Organiese munisipale afval wat vry is van plastiek en metale kan ook verwerk word met die voordeel dat die volume na net 20% verminder word en is die eindproduk 'n goeie bemestingstof.
Gepubliseer:2006-02-14