inligting

Organiese kruie, medesinaal en eetbaar

Vir organiese kruie boerdery word dieselfde metode gebruik as vir groente maar met tog 'n paar belangrike verskille. Aangesien die meeste kruie van Europese herkoms is moet plant tye goed gereel word . Hiermee word nie net na die noordelike en suidelike halfrond se omkeer van seisoene gekyk nie , maar ook na die daglig en groeitempo . Sekere gewasse wat in Europa 2 jaar neem van plant tot oes neem kan hier binne 6 maande saadskiet. Dit mag nou klink na 'n goeie ding maar veral by wortel gewasse is daar dan geen opbrengs. Herfs aanplantings i.p.v. lente aanplantings soos in Europa gee dan 'n stadiger groei en tot 3 keer die opbrengs. Ander loof gewasse doen dan ook baie beter as in Europa as gevolg van langer groei seisoen maar om goeie kwaliteit te verseker moet goed na die bemesting gekyk word. Tot 3 toedienings van vermikompos ,so elke 4 maande , mag benodig word en 'n deeglike wisselbou styelsel moet toegepas word .Daar word gevind dat sekere spoorelemente ook 'n groter rol speel by van die kruie as in die geval van groente .Die suurgehalte van grond is ook belangrik aangesien sekere kruie wat byvoorbeeld in die berge in Europa natuurlik groei, suur grond verkies. Die meeste kruie verkies dieselfde grond toestande as groente en daar is ook sommiges wat in baie swak gruisagtige grond baie goed doen en dit selfs verkies.

Gepubliseer:2006-02-14

terug na inligting