inligting
Organiese groente boerdery
Organiese groente boerdery het tot onlangs die beeld gehad van duur groente van swak gehalte en nie sonder rede nie. Baie klein deeltydse boere en tuiniers het op klein skaal groente van swak gahalte gekweek en verkoop . Nog 'n faktor was dat die `permiculture` manier van groei saam met `companion planting` al manier was om suksesvol groente organies te groei. Dit het tot gevolg gehad dat groot groenteboere nie maklik oorgeskakel het na organiese verbouing nie. Permikultuur het sy plek in die plattelandse onderontwikkelde gebiede waar arbeid nie 'n faktor is nie en die mense dringend goeie kos nodig het. Ek self glo nie dit is koste effektief nie en ook nie lewensvatbaar vir grootskaalse groenteboerdery nie.Ek het self so begin maar toe die aanplantings groter word was dit heeltemal onprakties.
Die metode wat ek self ontwikkel het was geen bewerking met swaar deklaag en vermikompos as bemesting. Met hierdie metode kon groot bewerk word en doeltreffende wisselbou toegepas word . Hierdie metode lewer baie goeie groente met 'n lang raklewe wat meer voedsaam is as chemies bemeste groente.
Gepubliseer:2006-02-14