inligting

Siekte beheer in organiese boerdery

Siekte beheer in organiese boerdery metode bly 'n probleem veral waar jy omring is met konvensionele boere wat chemiese bespuiting doen. Nie net alleen is die oorwaai van gif 'n probleem nie maar ook die voordelige insekte word uitgeroei.Nog 'n groot probleem is besmette oeste wat nie beheer word nie of net eenvoudig gelos word waar spore ens. jou oeste besmet. Vrugte vliee en ander insekte wat op wilde vrugte en bessies as tussengasheer buite jou grense teel en vermeerder skep nog 'n probleem. Vir hierdie probleme is daar geen maklike oplossing nie behalwe om 'n buffer strook om jou lande te laat of om bure te kry om ook organies te boer.

Ons het self hierdie probleme gehad en al oplossing was om heersende winde in ag te neem vir spore en om met bure te ko-ordineer oor wat waar en wanneer geplant word.Na 3 jaar het ons egter gevind dat die meeste siektes en probleme verdwyn het soos die grond verbeter het. Al manier om regtig plaagbeheer te verkry is om al die relevante grond mikrobes in jou grond te kry. Chinese boere plant byvoorbeeld al 400 jaar lank tamaties op die selfde grond sonder siektes deur net die regte mikrobes toe te dien .Die vernaamste oorsaak van siektes is water oplosbare stikstof in enige form. Enige swaar toediening van bees- , hoender- of varkmis wat vinnig in water oplos veroorsaak siektes en plae net soos chemiese stikstof. Dit is een van die vernaamste redes hoekom ons self vermikompos gebruik wat nie in water oplos nie en stadig die voedingstowwe vrystel.

Daar is organiese spuitmiddels maar ons gebruik dit baie selde.

Gepubliseer:2006-02-14

terug na inligting