inligting
Hoe om kompos te maak en deklaag te gebruik
Die enigste manier om goeie kompos te maak is om diere afval en genoeg plant materiaal in lae te pak en die lae af te wissel met die heel belangrikste deel nl. grond wat ryk is in humus en lewende grond organismes. Hierdie kompos se temperatuur mag nie oor 55 grade C gaan nie want dan word al die lewende organismes vernietig . Om dit teen te werk moet dit gereeld omgedraai word wat baie arbeid en tyd verg .Die metode wat ek verkies is om erdwurms op die diere afval te gebruik en organiese materiaal in die lande as 'n deklaag . Met hierdie metode is daar minder hantering veral as die verwerkings aanleg naby die bron van afval is.Alle soort diere afval kan so verwerk word alhoewel varkmis en hoendermis 'n spesiale metode van verwerking het. Hierdie erdwurm mis of vermikompos bevat feitlik al die organismes wat die grond benodig en as dit eers in die grond is dan vermeerder hulle en saam met die grond erdwurms verwerk hulle die organiese deklaag vinnig na humus.
Vir groot aanplantings is daar planters wat in 'n deklaag saad sowel as saailinge kan plant . Dit is baie belangrik om nie die grond om te keer nie maar as dit nodig is mag 'n smal tand implement baie stadig gebruik word. Die rede hiervoor is dat elke keer as die grond omgekeer word, word die organiese materiaal deur die son vernietig en al die kompos was 'n mors van tyd.
Gepubliseer:2006-02-14