inligting
Hoe om om te skakel van konvensionele na organiese boerdery metode
Om om te skakel van konvensionele na organiese boerdery metode het ons een baie groot struikelblok naamlik jou kop .Soos iemand dit eenkeer gestel het : Jy is `n `oddball` met 'n baie dik vel . Dit is baie waar want die ou N P K manier van doen spook by jou en om nie te praat van al die spuitmiddels op die mark .
Die groot verskil is in die benadering tot siektes en groei tekorte . Ons sien alle `siektes` en tekorte as tekens van wanbestuur van die grond en omgewing . Genoeg organiese materiaal deur tussengewasse en `n deklaag saam met minimum of geen bewerking is die sleutel tot sukses . Om oeste organies te kweek hoef nie meer te kos , van 'n swakker kwaliteit te wees of vir meer verkoop te word nie . Miskien is dit waar as op die konvensionele manier kompos gemaak word waar baie arbeid vir die vervoer van en na die lande benodig word, maar op ons metode waar diere afval in windrye met erdwurms verwerk word is dit nie waar nie.Ongeveer 6 kub m per ha van hierdie erdwurm kompos word in band of breedwerpig gebruik wat aansienlik minder is as met gewone kompos.Met genoeg organiese materiaal op en in die grond word 'n stadium bereik waar baie min of geen bemesting van buite ingebring hoef te word nie.
Net soos met konvensionele boerdery moet daar gekyk word na tekorte en die word aangevul waar nodig. Beenmeel vir fosfaat , Kcl vir potas want rots-potas is nie verkrygbaar en dan spoor elemente en minerale wat gewoonlik in `n natuurlike vorm beskikbaar is saam met landbou kalk kan gebruik word. Stikstof tekorte is nog nie ervaar waar genoeg organiese materiaal in en op die grond is nie en mits dit nie ingeploeg word nie . Opbrengste net so goed indien nie beter kan behaal word.
Gepubliseer:2006-02-14