inligting

Hoe om erdwurmmis te maak en gebruik

Erdwurm gietsels of `vermicompost` kan van enige organiese afval geproduseer word soos diere afval en huis en tuin afval. Affmech cc. vervaardig 2 kleiner eenhede wat hierdie verwerking van huis en tuin afval net makliker maak. Vir groter hoeveelhede word `n windry sisteem gebruik wat enige hoeveelheid kan verwerk.

Dit is 'n natuurlike organiese bemesting wat op enige gewas en selfs saailinge gebruik kan word sonder `brand` gevaar. Die gietsels bevat natuurlike plant hormone en word stadig vry gestel wat help om siektes en insekte te onderdruk. Slegs 6 kub.m. per ht of 600 gm/ vkt m word aanbeveel en op saailinge 10 - 30 gm per plant vir goeie oeste, Saam met goeie bewerkings praktyke kan die meeste gewasse gegroei word.

Gepubliseer:2006-02-14

terug na inligting