inligting
Erdwurms en hulle voordele vir die boer
Erdwurms is van die nuttigste lewende organismes in die grond. Met oor die 4000 spesies bekend is dit te verstane dat net van ongeveer 15 'n diepgaande studie gemaak is. Die mees algemeenste is `Eisenia foetida` of `red wriggler` soos hy alom bekend is. Sommige noem dit die Kariba wurm.
Die hoofrede waarom hierdie spesie gebruik word is omrede dit temperature vanaf 0 grade C. tot 36 grade C. kan verduur, dit vinnig aan teel, populasie verdubbel binne 30 tot 60 dae en op die oppervlakte van grond in organiese materiaal leef. Hierdie eienskappe saam met 'n baie hoe bevolkings digtheid, maak dit die ideale erdwurm vir wurm boerdery.
Die teenwoordigheid van erdwurms in die grond is 'n goeie indikasie van die toestand van die grond. Met 250 tot 300 per vkt. M. word 80 tot 100 kg N. plus ander voedingstowwe gratis verkry . Bewerking affekteer nie erdwurms nie maar ontneem die grond van organiese materiaal wat tot gevolg het dat die wurms nie kos het nie en dan afneem in getalle.
Gepubliseer:2006-05-01