Artikel
Siekte en Plaag vrye gewasse
Die chemiese maatskappye doen ons boere 'n onreg aan om te beweer dat siektes en insek plae is die gevolg van intensiewe boerdery metodes en kan nie verhelp word nie. Dit is 'n groot leuen want insekte en siektes val nie 'n gesonde en goed gebalanseerde plant aan nie. Dit mag onmoontlik klink maar 'n Franse botanikus, Francis Chaboussou het dit so 30 jaar gelede bewys. Met sy teorie van trophobiose het hy bewys dat siektes en insekte die gevolg is van voeding. Die plant sal as gevolg van wanvoeding of besoedeling deur water oplosbare chemiese stowwe protiene uitskei wat siektes en insekte lok. Dit is hoe plant spesies self verseker dat slegs gesonde plante, gesonde saad voortbring en verhoed dat swak saad gevorm word. Dit is 'n vorm van selfvernietiging. Ons moderme chemies e landbou metodes veroorsaak self hierdie toestand en lok die insekte en maak die plante vatbaar vir siektes. Dit is 'n bose kringloop.
Woon 'n kursus by om meer hierom uit te vind.
Gepubliseer: 2007-06-19